WOENSDAGAAND, 10 APRIL 2024! >>>

Ons skop Clanwilliam Expo af op Woensdagaand met ‘n delikatessen soos net die welbekende Erik de Milander dit kan voorberei. Erik is die man wat gaste by die Bushmans Cave Bergteater jaarliks trakteer het met ‘n Skaapkop-ete. 

Ingesluit by die ete is ‘n demonstrasie deur Erik self oor hoe om Skaapkop te eet (…wie het nou geweet daar is ‘n seker manier hoe jy daardie gesig moet benader voordat jy aan die sagte wange kan weglê?…)

Vir diegene wat nie skaapkop eet nie, ons het gesorg vir jou! Kom geniet ‘n heerlike Lasagne ete, tesame met ‘n gemeenskaplike broodtafel saam met die Skaapkop-ete.

Kry jou kaartjies by https://www.kaarkies.co.za

DONDERDAGAAND, 11 APRIL 2024 >>>

Die Potjiekoskompetisie en die Burger-aand gaan gepaard met die Country met Cordelia-konsert! As jy nie een is vir deelneem aan die potjiekoskompetisie nie, kan jy lekker agteroor gaan sit in die kuiertent en weglê aan ‘n heerlike Stack-Burger terwyl jy luister na Cordelia se country musiek! Jy kan selfs NET ‘n kaartjie koop vir Cordelia se konsert!

Kry al hierdie kaartjie-opsies by https://www.kaarkies.co.za

VRYDAGAAND, 12 APRIL 2024 >>>

Die jaarlikse, tradisionele Steak-ete vat hom hierdie jaar tot nuwe hoogtes!

Die ete gaan gepaard met ‘n dans met JAY en Mirandi, die best power-duo ooit om ‘n dans te laat KOOK! Mirandi was die 2023 naaswenner van Die Kontrak, Seisoen drie.

As jy nie dans nie, kan jy net lekker die ete en baie goeie musiek kom geniet. 

Kry jou kaartjies sommer nou by https://www.kaarkies.co.za

<<< SATERDAG, 13 APRIL 2024

Maatjies, HOOR NET HIER!… Lollos kom kuier by die sirkus! Hul nuutste produksie!

Lollos kry ‘n glinsterende kaartjie in sy posbus. Dis ‘n uitnodiging na die sirkus.

Lollos, Lettie en Karla is so opgewonde – hulle was nog nooit by ‘n sirkus nie! Hulle word betower deur al die spoggerige toertjies, akrobate wat tuimel deur die lug en die slim rob wat drie balle gelyk op sy neus kan balanseer!

Die Lalalanders kan nie wag vir die heel beste deel van die opwindende dag nie – die skreeusnaakse narre! Maar o gits!, die narre is weg op vakansie!

Die sirkusmeester kry ‘n blink plan en vra die Lalalanders om te help. Hulle is baie op hulle senuwees, want hulle is nie talentvol genoeg vir die sirkus nie! Lollos kan nie op ‘n tou loop nie, Karla is te bang om op ‘n olifant te ry, die rooi hanswors neus pas nie op Lettie se pragtige gesiggie nie en hulle het nie genoeg asem om ballonne op te blaas nie!

Die gehoor wag in spanning – sal hulle betyds ‘n plan kan beraam? Maak reg om op ‘n verbeeldingsvlug van ‘n leeftyd te gaan!